Skip to main content

Registrasie en uitstaande studiefooi-skuld is die redes waarom die UK-kampus gister deur studente gesluit is.

Siya Plaatjie, die waarnemende SR-voorsitter, het gesê die voorstel van die SR om die akademiese jaar wat op 14 Februarie 2022 begin het, te staak, is deur die UK-bestuur verwerp.

“Hulle het ons belowe om nie die kampus te ontwrig nie, want alle studente sal betyds vir die begin van die jaar geregistreer wees. Ons het hierdie belofte in goeder trou geneem en enige planne vir ‘n stilstand opgeskort,” het Plaatjie bygevoeg.

Honderde studente is steeds nie geregistreer nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!