Skip to main content

‘n Massiewe vragskip onder die Panama-vlag, die Felicity Ace, wat duisende van die Volkswagen Groep se voertuie vervoer, het Woensdagmiddag naby die Azore-eilande in die Atlantiese Oseaan aan die brand geslaan.

Die skip se 22 bemanningslede is suksesvol ontruim en die skip self is onbemand en drywend gelaat.

Volgens ‘n interne Volkswagen e-pos is daar 3 965 Volkswagen AG-voertuie, waaronder Porsche, Audi en Lamborghini, aan boord van die skip.

Luke Vandezande, ‘n woordvoerder van Porsche, het gesê die maatskappy skat sowat 1 100 van sy voertuie was onder diegene aan boord van Felicity Ace ten tyde van die brand.

“Ons eerste gedagtes was onmiddellik van verligting dat die 22 bemanningslede van die handelskip Felicity Ace veilig en gesond is,” het Vandezande gesê.

In 2019 het Volkswagen meer as 2 000 luukse voertuie verloor toe die Grande America vragskip aan die brand geslaan het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!