Skip to main content

ʼn Lid van Bronkhorstspruit se brandweerspan is eergisteraand koelbloedig doodgeskiet.

Die voorval het ongeveer 20:00 net buite die brandweerstasie in Bronkhorstspruit plaasgevind.

Volgens die hoof van die Tshwane-nooddienste, Charles Mabaso, het Sonile Annah Mnfuni ʼn telefoonoproep ontvang waarna sy na buite gestap het. Kort daarna het kollegas skote gehoor en met nadere ondersoek het hulle op haar liggaam, wat sowat 100m vanaf die brandweerstasie gelê het, afgekom. Sy het verskeie skietwonde opgedoen. ‘n Paramedikus het haar op die toneel dood verklaar.

Die motief van die moord is onbekend. Geen verdagtes is sover in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

Leave a Reply

error: Content is protected !!