President Cyril Ramaphosa het ‘n poging tot ‘n mosie van wantroue teen hom oorleef. Dit is deur die ATM-party aangeroer, en hulle wou ‘n geheime stemming aanvra daarvoor.
Die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die mosie verwerp. Volgens haar is daar geen grondige rede daarvoor nie, en sy het verskeie redes aangevoer hoekom die mosie nie aanvaarbaar was nie.
Ramaphosa loop die gevaar dat die ANC-LP’s wat hom nie goedgesind is nie, teen hom sal stem sou dit ‘n geheime proses wees.
Daar was in die verlede agt pogings om oud-president Jacob Zuma só uit die stoel te lig.
Hierdie mosie teen Ramaphosa was die eerste van só ‘n aard vir hom.