Skip to main content

‘n Gqeberha inwoner, Neville Vimpany, nou 93, het in 1950 ‘n western-flyer fiets as ‘n verjaardaggeskenk van sy ouers ontvang. Dit was steeds in sy besit todat dit onlangs gesteel was.

Buurtwaglede het ‘n man betrap wat die fiets stoot en hom aan die polisie oorhandig. Die man het beweer dat hy die fiets aan die eienaar terugbesorg het om die R5 000-beloning te eis wat deur Vimpany se seuns aangebied is.

Die fiets is gesteel terwyl Vimpany besig was om geld by ‘n plaaslike OTM te onttrek.

Vimpany se seun Chris het gesê hy is dankbaar teenoor die publiek wat hulle gehelp het in die soektog na sy pa se kosbare en onvervangbare fiets.

Leave a Reply

error: Content is protected !!