Skip to main content

16 Februarie 1900

Die gebeure wat plaasgevind het te Basuto Kop op 16 Februarie 1900, het gelei tot ‘n klein oorlog tussen die Boere en Rhodesiese magte. Die Rhodesiërs was bang dat die Boere hul land sou binne val.

Die Boere het ook probeer die om spoorlyne na Gabarone te saboteer om Mafikeng enige verligting uit hierdie dorp te ontsê terwyl hulle dit beleër het.

Die laers van die Boere is opgespoor toe ‘n Rhodesiese patrollie op Boeremagte by Basuto Kop afgekom het. Die Boere was egter te besig om die brug oor die Metsimasaunarivier te vernietig om werklik aandag aan die patrollie te gee, en die Rhodesiërs het ongedeerd daarvan afgekom. Die Rhodesiese reaksie was om Boerelaers vanaf Spitzkop aan te val, wat daartoe gelei het dat die Boere na Magagbe-heuwel onttrek en hul laers daar versterk het.

Dit het gelei tot ‘n meestal futiele poging van die Boere om voort te gaan om die plekke wat die Rhodesiërs by Basuto Kop ingeneem het, aan te val. Die Rhodesiërs het in ruil daarvoor gepoog om die Boere se posisies te verswak. Na ‘n verskerpte aanval is die Rhodesiërs gedwing om te onttrek maar die Boere het ook daarna kontak gestaak en na Sepitse Hill teruggetrek.

Verwysings

Burret, R.S., Gaborone and the Anglo-Boer War, 1899-1902, from The South Africa Military History Society, [aanlyn], Beskikbaar by samilitaryhistory.org [Besoek: 08 Februarie 2010]

Leave a Reply

error: Content is protected !!