Skip to main content

Die jaarlikse veiling van Ankole-beeste afkomstig van Ntaba Nyoni, ‘n 5 100 hektaar plaas in Mpumalanga, vind op 5 Maart vanjaar plaas. Die plaas behoort aan president Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa is die grootste Ankole-boer in Suid-Afrika. 15 van sy stoet Ankole-beeste, ses bulle en nege koeie, asook ses embriolette, sal opgeveil word.

Die beeste, met buitengewoon lang horings, is gesog onder bieërs.

Op ‘n vorige veiling het een van die bulle, wat horings van byna 90cm gehad het, R700 000 behaal. Die verkope van sy beeste vir daardie dag het hom net oor die twee miljoen rand in die sak gebring.

Die komende jaarlikse Ntaba Nyoni-veiling, wat by Ramaphosa se Phala Phala Wildlife-wildreservaat in Limpopo gehou word, sal Ankole-, Boran- en Bonsmara-beeste bied vir die veiling.

Leave a Reply