Daniel Wesley – Huis is waar die hart is
Die bekroonde country-sanger Daniel Wesley het pas sy toetrede tot die Afrikaanse musiekmark gemaak met ’n enkelsnit Huis is waar die hart is wat beloof om op die trefferparade te boer.
Daniel het reeds vir homself naam in Nashville, Texas, in Amerika gemaak, en het ook dáár befaamde liriekskrywers soos die Duitser Barbo Schönberger ontmoet met wie hy nou kragte saamspan om ’n volwaardige album op te neem.
James Breedwell, ’n liedjieskrywer wat al onder andere vir die Amerikaanse Idols Jeffrey Li en Kechi Okwuchi liedjies geskryf het, het vir Daniel in Nashville hoor optree en het skoon liries oor sy stem geraak.
“My ore het behoorlik van vreugde getuit toe ek hom die eerste keer op die verhoog gesien het – ek het geweet dat ek een of ander tyd saam met hom aan ’n paar liedjies moet werk.”
Dit het wel later gebeur…
Maar Daniel, wat in die Vrystaat gebore is, se hart klop pure Afrikaans en met Huis is waar die hart is het hy bewys dat hy ’n fyn aanvoeling vir die Afrikaanse taal en idiome het.
Huis is waar die hart is is deur Darryl de Lange opgeneem en vervaardig.