Skip to main content

Die Stad Tshwane het Dinsdag die kragtoevoer na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die SA Polisiediens se hoofkwartier en die Gautreinstasie in Hatfield afgesny.

Die stad het ook gesê Gautrein skuld R10 miljoen en het sy rekening laas in 2020 betaal. Mendo Properties, wat die verhuurder by die SAPD se hoofkantoor is, het R5,1 miljoen geskuld, het die stad gesê. Dit was egter nog onduidelik hoeveel die SAID die stad skuld.

Die Stad Tshwane het ook die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie se krag gesny vir ‘n meter waarmee gepeuter is. ‘n Boete van R621 000 is by die verskuldigde bedrag gevoeg. Die Onafhanklike Ontwikkelingstrust het R8 miljoen geskuld en het R4,3 miljoen betaal voordat dit Dinsdagoggend afgesny is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!