Skip to main content

Die DA-leier, John Steenhuisen, het gister ‘n mosie van wantroue teen die ANC in die Kabinet ter tafel gelê. Dìt terwyl hy deelgeneem het aan die debat oor president Cyril Ramaphosa se staatsrede wat laasgenoemde Donderdagaand gelewer is.

Dit sluit nie ‘n mosie vir Ramaphosa se verwydering in nie. Steenhuisen het gesê Ramaphosa het gepraat oor die bou van ‘n bekwame land, maar was nie bereid om weg te stap van kaderontplooiing nie.

“Elke energiehervorming, elke maatreël om ons ekonomie te ontketen, elke voorneme om besighede te ondersteun en werk te laat groei sink soos ’n ton bakstene die oomblik wat jy by jou volgende kabinetsvergadering instap,” het Steenhuisen gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!