Dave Bryant is die DA se skaduminister van omgewing, bosbou en visserye. Hy het oor die tragiese realiteit van Suid-Afrika se renostergetalle in Daily Maverick berig.
‘Die realiteit is dat renostergetalle in SANParke-reservate oor die afgelope 10 jaar met 75% afgeneem het. Die mees waarskynlike rede waarom die stroopgetalle in SANParke-reservate effens laer op die rou data blyk te wees, is bloot omdat die algehele getalle renosters aanhou daal. Oor ‘n paar jaar sal private reservaateienaars moontlik die enigste oorblywende renosters in die land besit.
‘Barbara Creecy, die Minister van Omgewing, Bosbou en Visserye, het onlangs die jongste renosterstropingstatistieke bekend gemaak. Die statistieke beweer dat stropery in Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se reservate afgeneem het.
‘Terwyl die DA niks anders as lof het vir die pogings van ons dapper veldwagters en spanne teen stropery wat so hard gewerk het om die stropery te stuit, is die realiteit rakende renosterstroperygetalle baie donkerder as wat beweer word.
‘As ’n mens die bevolking met die voorvalle van renosterstropery in SANParke-reservate vergelyk, is daar ’n gemiddelde toename in stropery en nie ’n afname soos beweer word nie.