Skip to main content

Die skrywer Jacques Pauw het glo gister deur middel van sy prokureurs geklassifiseerde staatsveiligheidsdokumente oorhandig wat hy in sy boek – The President’s Keepers – gebruik het. Hy het dit blykbaar “onder protes” gedoen ná dreigemente van regstappe.

Pauw se prokureur, Willem de Klerk, het in korrespondensie met die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) die dreigemente bestempel as ” ‘n deursigtige poging om ons kliënt te intimideer”, berig News24.

Die kwessie rondom die dokumente is die eerste groot ontwikkeling in ‘n R35 miljoen lastersaak wat deur die voormalige SSA-direkteur-generaal Arthur Fraser in 2019 aanhangig gemaak is. Dit is vir onthullings in The President’s Keepers met betrekking tot Fraser, sy familie en ‘n geheime SSA-struktuur bekend as die Principal Agentnetwerk (PAN).

Leave a Reply

error: Content is protected !!