Skip to main content

Bheki Cele, die minister van polisie wat nou onder erge druk verkeer, sê die EFF-leier, Julius Malema, het probeer om ‘n komplot met die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole, te beraam om hom uit sy pos te laat verwyder.

Cele het hierdie bom laat bars aan die begin van sy bydrae tot die debat oor president Cyril Ramaphosa se staatsrede (SONA) Maandag. Dit was nie deel van sy voorbereide toespraak nie.

Verskeie opposisiesprekers, waarvan Malema een was, het gesê dit is onaanvaarbaar dat Cele in die kabinet bly, gegewe die bevindings van die verslag oor die Julie-onrus teen hom.

Cele het gesê Malema het Sitole op 10 Desember 2020 in Pretoria ontmoet, waar “die komplot ontplooi is dat ek [Cele] uitgeskop moet word”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!