Skip to main content

Die SAPD se Kabega Park speurders ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n botsing vroeg gisteroggend op Ou Kaapweg naby die St Albans-gebied.

Daar word beweer dat ‘n inwoner in die omgewing van die ongeluk vroegoggend iets gehoor het en hy het vermoed dat dit met ‘n ongeluk verband kan hou. Na opvolging is ‘n wit Mithubishi Lancer in die bosse gevind. Geen ander voertuig was betrokke nie en die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor en omgeslaan.

Die bestuurder en die passasier is op die toneel dood. Die oorledenes se name sal slegs bekend gemaak word nadat hul naasbestaandes opgespoor word.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply