Die elektriese motorvervaardigings-industrie het ‘n knou weg nadat Stellantis NV byna 20 000 elektriese hibried-minibusse moes herroep in die VSA en Kanada weens ‘n risiko dat dit aan die brand kan slaan.
Daar het reeds brande in 12 van hierdie bussies, wat in 2017 en 2018 vervaardig is, uitgebreek.
Volgens Stellantis weet hulle nie van enige mense wat beseer is nie, en dat agt van die bussies besig was om te herlaai toe hulle aan die brand geraak het.
“Stellantis werk daaraan om die oorsaak van die brande te bevestig,” het die maatskappy in die verklaring gesê.
“Die fout, wanneer dit opgespoor word, sal gratis gekorrigeer word, en geaffekteerde kliënte sal in kennis gestel word vir wanneer hulle ‘n diens kan skeduleer.”