Skip to main content

Steinhoff het in hofaansoeke aangevoer dat e-posse, geskryf deur sy voormalige uitvoerende hoof, Markus Jooste, bewys dat hy deel was van ‘n “bedrieglike skema” om die kleinhandelaar uit honderde miljoene rande te bedrieg.

Die e-posuittreksels vorm deel van die kleinhandelaar se hofsaak teen die Britse sakeman Malcolm King, sy seun, Nicholas, en hul maatskappy, Formal Holdings.

Twee Steinhoff-filiale dagvaar die Kings in ‘n Britse hof vir sowat R1,6 miljard en sê hulle het met Jooste saamgespan om die geld by die kleinhandelaar te verduister deur ‘n reeks “skyn” leningsooreenkomste.

Leave a Reply

error: Content is protected !!