Skip to main content

Volgens ‘n nuwe studie het Chinese banke meer lenings verskaf aan lande in Afrika suid van die Sahara as sommige van die wêreld se grootste ekonomieë saam van 2007 tot 2020 vir ontwikkelingsprojekte.

Die Sentrum vir Globale Ontwikkeling, (SGO) gebasseer in Washington en Londen, berig ook dat Chinese ontwikkelingsbanke ‘n reusagtige US$23 miljard verskaf het aan openbaar-private vennootskappe in hierdie streek. Hierdie syfer is meer as dubbel die gesamentlike bedrag van US$9,1 miljard wat deur banke in Suid-Afrika, Duitsland, Japan, Frankryk, Nederland en die VSA geleen is.

Die SGO het meer as 500 infrastruktuurprojekte in Afrika ondersoek, berig Ignatius Annor vir Voice of America.

Leave a Reply

error: Content is protected !!