Skip to main content

DIE EFF pronk hierdie week met die welverdiende toekenning as Die Waarheid se Mamparra van die week.

Die party het gister aangekondig dat hy bitter ontsteld is oor die koms van die eerste Europese setlaars 370 jaar gelede. En om hierdie ontsteltenis te wys, gaan partylede opruk na landgoedere wat besit word deur Suid-Afrika se rykste persoon, die miljardêr-sakeman Johann Rupert.

Rupert besit die L’Ormains-wynlandgoed in Franschhoek in die Wes-Kaap sowel as die Leopard Creek-gholflandgoed aan die oewer van die Krokodilrivier naby Malalane in Mpumalanga.

Die Waarheid kan aan ‘n paar redes dink om nie van Rupert te hou nie, maar dink die EFF kan hulle tyd en energie beter gebruik om werk te maak van hulle eie onbenydenswaardige rassehaat.

Leave a Reply

error: Content is protected !!