Hestie van Biljon en haar dogter, Betty, se kaasmaakliefde het in Oktober 2011 vlamgevat toe dié boervroue vyf British Alpine-bokke en kort daarna vyf Toggenburg-bokkies aangeskaf het.
Vanjaar maak hulle al vir 10 jaar voltyds bokmelkkaas sommer vir die lekkerte.
Die Van Biljon-vroue maak fetakaas in drie geure: skoon, met swartpeper en met grasuie.
Gouda, ‘n semi-harde kaas, word daar ook gemaak.
Vir hierdie seisoen se cheddar het hulle met ‘n Colby-resep geëksperimenteer en geëindig met ‘n sagte cheddar-variasie met ‘n ryp geur.
In vergelyking met koeimelkprodukte soos roomkaas, is bokkaas laer in vet, kalorieë en cholesterol. Dit verskaf ook meer kalsium as roomkaas.
Al het bokkaas minder kalorieë, het dit ‘n vol, ryk en romerige geur.
Vanweë sy spesiale samestelling,word bokmelk en bokmelkkase maklik verteer.
Hierdie kaas word gekenmerk deur ‘n eenvoudige, sagte, vars bokmelk-geur en is hoogs veelsydig as ‘n bestanddeel: dit kan in enige gereg gevul, gesmeer, gekors, verkrummel of geëmulgeer word; soet of sout.
Dit is die perfekte plaasvervanger in alle resepte wat roomkaas of selfs gladde maaskaas benodig en maak ook goddelike kaaskoek.
Chevre en ander bokkase word soms in olyfolie en kruie verpak en is heerlik om op brood te eet, of in slaai te gebruik.