Iran het vandeesweek ‘n nuwe tuisvervaardigde oppervlak-tot-oppervlak “Kheibar Shekan” missiel bekend gestel. Hierdie missiel het ‘n reikafstand van 1 450 kilometer.
“Hierdie langafstandmissiel word binnelands vervaardig deur die Revolusionêre Wagte (IRGC). Dit het hoë akkuraatheid en word aangedryf deur vaste brandstof en is in staat om missielskilde binne te dring,” het die Iranse staatsmedia berig.
Dié land is een van die grootste missielvervaardigers in die Midde-Ooste. Hul vervaardig ballistiese missiele wat ‘n teiken tot 2 000km ver kan tref.