Skip to main content

Die polisie in Ekurhuleni het ‘n verdagte noodlottig gewond en 11 ander onwettige myners in hegtenis geneem tydens ‘n skietgeveg in Boksburg.

“Die polisie het ‘n klagte ontvang van ‘n persoon wat in ‘n oop veld geskiet is. Met die polisie se aankoms het hulle ‘n groep onwettige myners gesien,” het polisiewoordvoerder, Lt kol Mavela Masondo, gesê. Die zama-zamas het op die polisie begin skiet.

Een verdagte is noodlottig gewond tydens die skietgeveg, en het oppad na die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Daar is drie ongelisensieerde vuurwapens en meer as 70 rondtes ammunisie gevind.

Leave a Reply