Skip to main content

Tshwane het ‘n “aggressiewe”, wydverspreide inkomste-invorderingstog begin na wanbetalings van besighede, staatsdepartemente en inwoners.

Die operasie het by die Lyttelton-winkelsentrum begin, wat volgens die stad R705 912,83 skuld.

Die volgende stop was die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, wat volgens die stad “sowat R5 miljoen agterstallig was”. Dienste is onmiddellik ontkoppel.

Fase een van die inisiatief sal fokus op groot ondernemings, 100 voorstede en 48 staatsgeaffilieerde instellings wat vir meer as 14 dae nie betalings gemaak het nie.

Staatsdepartemente, ambassades, besighede en residensiële kliënte is die vernaamste skuldiges.

Die stad het gesê dat die verbysterende skuld dit vir Tshwane moeilik maak om noodsaaklike en basiese dienste aan sy inwoners en kliënte te lewer.

Leave a Reply