Die Afrika-unie se staatshoofde het Kiswahili as een van die groep se amptelike werktale goedgekeur na aanleiding van ‘n versoek van Tanzanië se visepresident, Phillip Mpango. Kiswahili is een van die mees gesproke tale in Afrika met meer as 100 miljoen sprekers. Dis ook ‘n onderrigtaal in baie Afrika-lande.
Mpango het gesê dit word reeds in verskeie gemeenskappe gebruik, insluitend die Oos-Afrikaanse Gemeenskap (EAC) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) het 7 Julie as die Wêreld Kiswahili-taaldag verklaar.