Skip to main content

9 Februarie 1900

George Frederick Labram, die vervaardiger van ‘n kanon algemeen bekend as ‘Long Cecil’ in die De Beers se werkswinkel in Kimberley, is tydens die beleg van Kimberley deur ‘n koeël van ‘n Boere ‘Long Tom’ kanon gedood.

Labram, wat hoof meganiese ingenieur by die De Beers Consolidated Mines was, het die geweer uit staal vervaardig. Binne vier-en-twintig dae was dit besig om die Boere linies te bestook. Labram was een van die beskuldigdes toe Kimberley deur die Boere beleër was tydens die 2de Anglo-Boereoorlog. Hy het gesterf slegs ‘n paar dae voordat die beleg opgehef is.

 

Verwysings

Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad : NASOU, v. 6, p. 513.|Peddle, D.E., (1997), LONG CECIL The Gun made in Kimberly during the Siege, uit South African Military History, [aanlyn], Beskikbaar by samilitaryhistory.org [Besoek: 17 Januarie 2014]

Leave a Reply