Die Gautengse gesondheidsdepartement het bevestig dat ‘n ingeskrewe verpleegassistent deur haar lewensmaat by die Temibsa-hospitaal vermoor is.
Die 30-jarige polisiebeampte het in ‘n staatsvoertuig met blou ligte by die fasiliteit opgedaag en die verpleegster geroep om by die parkeerterrein uit te kom, waar hy haar toe geskiet het.
Sy is op die toneel dood terwyl haar moordenaar, wat die pistool op homself gedraai het, nou in ‘n kritieke toestand was.
Die Gautengse gesondheidsdepartement het gesê dat die Tembisa-hospitaal nou tydelik gesluit is en oproepe na nabygeleë fasiliteite herlei.
Pasiënte wat reeds by die hospitaal is, word egter behandel.