Die hooggeregshof het beslis dat Vodacom se “Please Call Me”-uitvinder, Nkosana Makate, geregtig is op 5% van die totale inkomste wat vanaf Maart 2001 tot Maart 2021 uit die mikroteksdiens gegenereer is.
Die bedrag kan baie hoër wees as die R47 miljoen wat voorheen deur die reuse-selfoonoperateur aangebied is ná ’n 2019-uitspraak van die Grondwethof. Makate, wat die Maandag-uitspraak as ‘n “groot verligting” beskryf het – het die R47 miljoen-skikking verwerp en ‘n hofhersiening aangevra.
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ook beveel dat Makate geregtig is op 27% van die inkomste wat gegenereer word deur die terugstuur van oproepe wat deur die Please Call Me-platform gestuur word. Regter Wendy Hughes het die HUB van Vodacom, Shameel Joosub, beveel om die bepaling binne ‘n maand na hierdie bevel af te handel.