Skip to main content

‘n Olie-ontdekking aan die Namibiese kus kan ‘n reuse belangstelling in olie- en gaseksplorasie in Suid-Afrika se waters aanwakker. Daar word asems opgehou vir die moontlike beleggings van miljarde rande wat groot voordeel vir lande in Suider-Afrika kan beteken.

‘n Aankondiging Vrydag deur die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) en sy vennote, QatarEnergy en Shell Namibia Upstream BV, dat olie sowat 270km van ‘n diamantmyn in Oranjemund te die Graff-1 diepwater eksplorasieput in Oranjekom ontdek is, het die wêreld laat regop sit.

Namcor het gewaarsku dat die opgewondenheid nie oorboord moet gaan nie aangesien ‘n tweede eksplorasieput nodig sal wees om die grootte en herwinningspotensiaal van die olie te bepaal.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!