’n Kandidaat wat meeding om Suid-Afrika se top intelligensie-oorsigpos sê senior aanstellings in die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) is verpolitiseer.
Hy sê ook dat ministers besluit oor operasionele aangeleenthede waarby hulle nooit betrokke mag wees nie. Die IGI hou toesig oor die land se intelligensiedienste, insluitend die SSA, militêre intelligensie en die polisie se misdaadintelligensie.
Die huidige Inspekteur-Generaal van Intelligensie (IGI), Setlhomamaru Isaac Dintwe, se termyn kom volgende maand tot ‘n einde. Die Parlement se gesamentlike staande komitee oor intelligensie (JSCI) het Dinsdag onderhoude gevoer met kandidate vir die pos.