Skip to main content

8 Februarie 1881

Tydens die Anglo-Boereoorlog 1 – ook genoem Transvaalse Vryheidsoorlog of Anglo-Transvaalse Oorlog – het ‘n Boeremag van ongeveer 200 (onder generaal Nicolaas Smit) ‘n Britse mag van ongeveer 600 (onder leiding van generaal-majoor George Pomeroy Colley) verslaan by die Slag van Ingogo Heights, naby Schuinshoogte.

Die stryd het die hele middag geduur te midde van ‘n hewige donderstorm. Toe die nag val, het Colley onder die beskerming van die duisternis onttrek. Die geveg het die lewens van 8 Boere en byna 100 Britse soldate geëis.

*Let wel: Daar word na hierdie geveg verwys as die Slag van Ingogo óf die Slag van Schuinshoogte en die weermaggetalle verskil van bron tot bron.

Verwysings

Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad: NASOU, v. 1, p. 382. Wallis, F. (2000). |Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau;

Leave a Reply

error: Content is protected !!