Skip to main content

ISAAC CLOETE

‘n Wrede mense-slagter is onlangs verwys na ‘n inrigting.

Dit nadat hy  in Januarie gearesteer was vir poging tot moord op sy suster, volgens kapt Sergio Kock, polisiewoordvoerder. Hy was uit op parool vir ‘n vorige moord.

Hy is die 32-jarige Devon Ovies van Concordia naby Springbok. Ook bekend as die “Gordonia-slagter,” omdat hy so lief is om sy slagoffers op te kerf met sy mes.

Volgens kapt Kock, polisie-woordvoerder, het hy vermoedelik sy suster, Cosima Williams (38), op 6 Januarie met ‘n mes op hierdie dorp bygekom. Sy was by hulle woning verskeie kere wreedaardig gesteek.

Hierna wou hy in haar motor vlug voor die polisie hom aangekeer het. Hy is later deur die Nababeep-polisie in hegtenis geneem.

Ovies was al drie keer by die hof op Springbok. Tydens sy laaste verskyning, (in absentia), het die hof gelas dat hy na ‘n psigiatriese inrigting gestuur word vir waarneming.

Williams was aanvanklik in die hospitaal en kritiek, maar stabiel. Sy is intussen uit die Springbok hospitaal ontslaan. Sy het Sondag aan Die Waarheid vertel dat sy nie meer onder behandeling is nie en tuis aansterk:

“Ek drink net pynpille, omdat my arm nog seer is. Ook is al my wonde nog nie genees nie. Binne twee weke moet ek weer die dokter gaan sien.”

Ovies het laasweek in die Springbok-hof verskyn in absentia. Sy saak is uitgestel tot 1Maart, volgens Kock. Intussen duur die ondersoek voort.

Persone met meer inligting oor die voorval word versoek om vir speursersant CM Fortuin by 082 4955305 te kontak..

* In 2015 het hy ‘n kollega, Katrina Jagers (toe 50) wreed met n mes vermoor te Upington. Hy het toe op gaar gespring en haar maag oopgevlek met n mes soos die slagters skape afslag. Dit was gedoen terwyl ander mense die aanval aanskou het.

Die wrede moord het gebeur by ‘n parkeer-area van die dr Harry Surtie Hospitaal in Upington.

Jagers was toe hier ‘n verpleegster en Ovies het by administratiewe afdeling gewerk.

Ovies is toe as ‘n staatspasiënt verklaar en in ‘n inrigting geplaas. Na ‘n paar jaar is hy vrygelaat.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!