Skip to main content

‘n Pa van Brits verskyn tans in die Noord-Gauteng hooggeregshof op aanklagte van kindermishandeling nadat hy na bewering sy ses-weke-oue baba in 2020 aangerand en in ‘n vrieskas gesit het as die baba huil.

Gerhard Viljoen (23) en die ma van die baba, wat ten tye van die voorval net 16 jaar oud was, is in 2020 aangekla nadat die beweerde mishandeling deur derde partye aangemeld is. Die baba het brandwonde in die vrieskas opgedoen en ‘n mediese verslag beskryf nog 12 beserings wat die baba weens die beweerde mishandelings opgedoen het.

Die saak teen Viljoen sou vanaf 24 Januarie in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor word. Dit is egter telkens uitgestel nadat Viljoen aanvanklik aangevoer het dat hy siek is. “Hy is steeds in aanhouding. Viljoen het reeds aangedui dat hy sy Legal Aid-verteenwoordiger met iemand anders wil vervang,” het Natasha Venter, die woordvoerder vir Afriforum se privaatvervolginseenheid gesê.

Adv Gerrie Nel het hierdie saak oorgeneem en wil verseker dat die ouers gaan antwoord op die grusame bewerings.

Leave a Reply