Groot dele van Tshwane is deur Rand Water se kragtoevoeronderbreking geraak.
Die watervoorsiener het die naweek weens ‘n kragonderbreking probleme by die Vlakfontein-reservoir ondervind.
Pogings om die transformator Maandag te herstel was onsuksesvol, en gevolglik het die stasie Dinsdagoggend op 58% pompkapasiteit gebly.
Die beperkte kragtoevoer het gelei tot dalende vlakke van twee bykomende Rand Water reservoirs – Selcourt en Bronberg.
Gebiede wat geraak kan word sluit in Garsfontein, Mooikloof, Cullinan, Mamelodi, Constantia Park, Cornwall Hill, Klapperkop, Erasmusrand en Waterkloofrif.