Skip to main content

Suid-Afrikaners sal moet wag om te hoor wat die week inhou nadat Eskom beurtkrag vroeër as verwag Sondagaand geeindig het.

Die nutsmaatskappy het die rotasie-beurtkrag om 21:00 afgelas, met verwysing na voldoende herstel in opwekkingskapasiteit.

Kragonderbrekings is verlede week geïmplementeer ná verskeie onklaarrakings by die kragsentrales en ’n tekort aan brandstofreserwes.

“Die tydperk van beurtkrag het ons gehelp om die noodopwekkingsreserwes aan te vul in afwagting wat voorlê. Sedert Saterdagoggend het Eskom-spanne nege opwekkingseenhede aan diens teruggegee, wat gehelp het om die kapasiteitsbeperkings te verlig.” Se die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa.

Eskom vra steeds om die behoefte aan kragonderbrekings te help beperk deur minder van die enigste diens wat hy verskaf te gebruik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!