‘n 18-jarige seun is in hegtenis geneem nadat nog ‘n tiener Saterdagaand doodgesteek is.
Die voorval het omstreeks 22:30 buite Madisonlaan-nagklub in Wesselweg, Sandton plaasgevind.
Die 17-jarige slagoffer, wat ‘n graad 11-leerling aan die King Edward VII-skool (KES) was, is deur paramedici op die toneel dood verklaar.