Skip to main content

Die polisie het die afgelope naweek beslag gelê op R6 miljoen se heroïene by die Lebombo-grenspos nadat inligting hieroor ontvang is.

Die dwelms was in die trok se raamwerk versteek. Daar is op die stadium geen verdere inligting beskikbaar nie.

Na bewering het die bestuurder van die trok, voor die polisie op die vonds afgekom het, gevlug.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Leave a Reply