Skip to main content

ISAAC CLOETE

‘n Vermeende motorswendelaar is die afgelope week weer deur ‘n hof beveel om te betaal.

Vir die vier swendel sake moet hy nou altesame ongeveer R116 000 terugbetaal aan sy woedende kliënte.

Donderdag het hy weer skuldig gepleit op twee klagtes van bedrog. Die keer was die kliënte van Williston. Die hof het hom tot twee jaar tronk straf gevonnis, opgeskort vir twee jaar. Hy moet ook R39 000 en R17 000 onderskeidelik aan twee kliënte teruggetaal.

Die swendelaar van  Nababeep, Michel Rual van Wyk (20), het in Junie op Loeriesfontein in die hof verskyn op soortegelyke aanklagtes van voertuigbedrog. Hy het toe ook op ‘n klagte van diefstal skuldig gepleit, volgens kapt Sergio Kock, polisiewoordvoeder.

Hy was toe gevonnis tot twee jaar tronkstraf opgeskort vir vyf jaar. Die hof  het hom toe ook gelas om al die verliese van ongeveer R70 000 aan die klaer, ‘n bekende sakeman, hier terug te betaal. Die sakeman het vroeër gesê: “Die publiek moet nie sulke Facebook-transaksies aangaan nie. Ek doen geestelike werk en wil nie vergeld nie. Ek het baie geld verloor en my besigheid ly nou daar onder.”

Volgens die sakeman het Van Wyk se pa hom verseker dat hy sal toesien dat sy seun maandelikse betalings gaan maak.

Intussen het die polisie versoek dat ander ontevrede kliënte ook klagtes teen Van Wyk moet lê. Omdat Van Wyk reeds skuldig gepleit het sal hierdie kliënte nie noodwendig in die hof  hoef te gaan getuig nie, volgens die polisie. Maar dit is die enigste en maklikste manier om hul gelde terug te kry.

Van Wyk het Facebook gebruik om hom as ‘n verkoopspersoon te bemark. Hy het glo toe vir Lollo’s Auto op Springbok gewerk het.

Soms het hy foto’s geplaas van hoedat hulle (hy en sy pa, wat ‘n voormalige raadslid is) kamstig voertuie aan kliënte oorhandig.

Volgens vele inwoners in die Namakwa-area het hy geld van hulle gevat as ‘n deposito. Soms moes hulle petrolgeld aan hom inbetaal sodat hy die voertuie na hulle kon bring. Hierna was hy het grafstil oor die “verkoopte” voertuie. Of nêrens te kry nie.

Vroeër het Clarissa Karstens gesê dat sy en haar seun ook deur Van Wyk ingeloop was. Sy het oor sy vonnis gesê: “Ons gaan maar nie sake maak nie. Ek dink hy het nou lekker goed geskrik.”

Blykbaar is daar nog verskeie ander kliënte wat hy so ingeloop het. Van Wyk was tot Donderdag in aanhouding, maar is nou weer op vrye voet om te begin te betaal vir sy dade.

Leave a Reply