Spanning loop hoog in meer as een Kanadese stad oor verpligte inentings. Die oorsprong is van gefrustreerde trokdrywers af en is vinnig besig om regoor die land te versprei.
‘n Rookbom het gister in Toronto afgegaan. Dit was glo deur ‘n 22-jarige man ontplooi. Hy is later noord van Queen’s Park in hegtenis geneem.
‘n Tref-en-trap-voorval in Winnipeg het gelei tot die besering van vier mans. Die 42-jarige man wat met sy voertuig deur ‘n groep betogers geploeg het, is ook later in hegtenis geneem.
Hierdie voorvalle volg nadat Covid-beperkings en entstofmandate hierdie naweek oor Kanada uitgebrei is. Volgens Kanadese en Amerikaanse wette, wat in Januarie in werking getree het, word daar vereis dat vragmotorbestuurders wat die grens oorsteek, ten volle ingeënt moet word.
Dit het gelei tot Kanada se “Freedom Convoy” wat ondersteun word deur die Tesla-miljardêr Elon Musk, die voormalige president Donald Trump en Fox News.
Dit blyk dat hierdie aksie deur Amerikaners aangesteek word aangesien betogers beplan om op te ruk na Washington D.C.
Verskeie mense in die VSA nader nou howe om interdikte teen onderwysintellings te bekom wat vereis dat leerders en onderwysers/dosente verplig is om maskers te dra.
Elders: Australië maak ook gereed om weer toeriste na byna twee jaar in die land te verwelkom. Hul was een van die strengste lande wat reis-protokol betref, iets wat hulle $120 miljard per jaar gekos het.