Skip to main content

Vakbonde slaan nou hakke in teen die suiwelvervaardiger, Clover. Hulle vra dat Clover geboikot moet word uit protes teen werkverliese as gevolg van herstrukturering.

Volgens Clover se bestuur moes die maatskappy herstrukturering toepas in die lig van ekonomiese toestande. Werkers staak steeds, en daar blyk geen einde aan hierdie stakings te wees nie nadat verskeie unies nou op die protes-wa geklim het. Geen ooreenkoms kon bereik word tydens onlangse onderhandelinge tussen Clover se bestuur en die vakbonde nie.

Die werkers eis dat die suiwelreus hul planne vir enige verdere fabriekssluitings, salarisbesnoeiings en afleggings staak. Ook dat afgedankte werkers weer aangestel word. Clover moes die arbeidshof nader om ‘n interdik te bekom teen die verbruikersboikotveldtog en werkerstaking.

Die werkers se frustrasies strek terug na November verlede jaar nadat Milco 60% van Clover se maatskappy oorgekoop het. Milco is ‘n filiaal van die Israeli Central Bottling Company. Sedert die transaksie volbring was, was werkers afgelê, ‘n 12-uur-werkdag vir ses dae per week is geïmplementeer, en openbare vakansiedae word gesien as gewone werksdae.

Leave a Reply

error: Content is protected !!