Fikile Mbalula, die minister van vervoer, het motoriste wie se lisensies einde volgende maand verval, gewaarsku om nie tot op die nippertjie te wag om dit te hernu nie.
“Diegene wie se kaarte voor 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verval het, word geag as geldig tot 31 Maart 2022. Diegene wie se lisensies ná 31 Augustus 2021 verval het, moet egter aansoek doen vir ’n tydelike rybewys aangesien die grasietydperk nie geldig is nie,” het Mbalula verduidelik.
Die minister het gesê dat meer as 2 miljoen lisensies op 31 Maart vanjaar sal verval wat nog hernu moet word.
Hy het motoriste aangeraai om die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se lisensiehernuwingsfasiliteite te gebruik, wat volgens hom sedert hul bekendstelling verlede jaar onderbenut is.
Daar is ‘n reuse rybewys-agterstand nadat die land se enigste masjien wat die kaarte vervaardig na die buiteland gestuur is vir herstelwerk. Die masjien is egter nou terug in die land.