Skip to main content

Nestlé Suid-Afrika is besig met die vrywillige herroeping van ‘n aantal KIT KAT-sjokolades weens die moontlikheid dat dit glasstukke kan bevat.

“Tot op hede het ons nog geen klagtes of aangemelde beserings ontvang nie. Ons neem hierdie aksie uit ‘n oorwig van omsigtigheid nadat ons die teenwoordigheid van klein stukkies glas tydens ons kwaliteit- en veiligheidskontroles ontdek het,” sê Nestle in ‘n mediaverklaring.

KIT KAT tweevingermelksjokolades en KIT KAT Minisak Melksjokolade (32x200g) word geraak. Albei produkte met ‘n vervaldatum van 30 September en 31 Oktober is ter sprake.

Leave a Reply