Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ’n omvattende vertroulike ondersoek in die tweedehandse goudbedryf gedoen en gevind wat blykbaar ’n verbysterende multimiljardrand-belastingbedrogskema is.
Die skema is geweldig groot, met net twee van die maatskappye wat tussen 2012 en Maart 2020 R24,4 miljard geëis het in beweerde bedrieglike BTW-terugbetalings, volgens ‘n beëdigde verklaring wat deur die SAID in die Johannesburgse hooggeregshof ingedien is.
Die twee maatskappye het blykbaar onwettige BTW-terugbetalings van meer as R8 miljard in 2019 alleen behaal – ongeveer ‘n halwe persent van die SAID se hele belastinginvordering vir die jaar.