3 Februarie 1488
Bartholomeus Diaz het ontdek dat hy verby die mees suidelike punt van Afrika gevaar het. ’n Sterk wind het hom so ver suid van Kaappunt gedryf dat hy dit nie gesien het nie en noordwaarts moes vaar om die kus te bereik. Sy eerste landingsplek was die baai van St Blaize, nou Mosselbaai. Hier het hy vars water ingeneem en vee by die Khoikhoi gekry in ‘n ruiltransaksie. Weens waarskynlik ‘n gebrek aan begrip is ‘n kruisboog afgevuur wat een van die Khoi doodgemaak het.
Die Poskantoorboom, waar seevaarders van eeue gelede briewe huis toe gepos het deur ‘n spleet in ‘n antieke boom as ‘n posbus te gebruik, dui daarop dat skepe gereeld by die baai aangedoen het vir water en ander doeleindes.
Verwysings
Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad: NASOU, v.4, p. Wallis, F. (2000).| Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.