Skip to main content

Ses mense wat voorgee hulle werk vir City Power is in hegtenis geneem vir kabeldiefstal in Roodepoort nadat hulle probeer het om hul pad uit boeie uit te koop.

Die groep is gevang terwyl hulle ‘n 10 meter lange sloot opgrawe het om toegang tot die koperkabels langs Cypressweg in Zonnehoewe te kry.

Drie kabels was reeds ontbloot en gereed om geknip en gesteel te word toe die veiligheidswagte hulle betrap het.

Die verdagtes het aan die sekuriteit gesê hulle is kontrakteurs wat vir City Power werk. Hulle kon dit egter nie met enige dienskaart bewys nie.

City Power se Isaac Mangena het gesê: “Die verdagtes het toe probeer om die sekuriteitsbeamptes met sowat R5 000 om te koop, maar hulle het geweier.”

Drie verdagtes is in hegtenis geneem terwyl die ander gevlug het, net om in Peterweg gevang en na die Honeydew-polisiestasie geneem te word.

Kriminele klagtes van skade aan en peuter met noodsaaklike infrastruktuur en omkopery is gelê.

Leave a Reply