Die Russiese president, Vladimir Poetin, het die Weste gister daarvan beskuldig dat hulle doelbewus ‘n scenario geskep het wat ontwerp is om oorlog uit te lok en Rusland se veiligheidskwessies oor die Oekraïne te ignoreer.
In sy eerste direkte openbare kommentaar oor die krisis van byna ses weke, het ‘n uitdagende Poetin geen teken getoon dat hy veiligheidseise teenoor die Ukraïne gaan terugtrek nie. Die Weste beweer dat dit Rusland se verskoning is om ‘n oorlog te begin, maar Moskou ontken dit.
“Dit is nou reeds duidelik … dat fundamentele Russiese bekommernisse geïgnoreer is,” het Poetin op ‘n nuuskonferensie gesê met die besoekende premier van Hongarye, een van verskeie NAVO-leiers wat met hom probeer kommunikeer namate die krisis vererger het.