Skip to main content

Die Hooggeregshof van Appèl (SCA) se president, Mandisa Maya, wil die eerste vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis word wat die hoofregterpos kry.

Maya is een van vier regters op die kortlys vir die pos van hoofregter.

Sy het Woensdag in haar onderhoud voor die Regterlike Dienskommissie teruggekap op ‘n vraag oor of ‘dit nie onbehoorlik is’ dat die land se howe gelei word deur ‘n vrou nie.

“Ek dink nie dit is ’n behoorlike vraag om te vra nie, want dit impliseer allerhande negatiewe dinge,” het Maya Woensdag aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) gesê. “Maar die kort antwoord is: Suid-Afrika was nog altyd gereed om ’n vroulike hoofregter te hê.”

Maya was eerlik oor die uitdagings wat vroulike regspraktisyns in die gesig staar en het gesê sy is geskok dat die regbank nie ‘n beleid het om seksuele teistering op die bank te hanteer nie.

Leave a Reply