Vyf mense is dood in ‘n ongeluk waarby ‘n petroltenkwa net buite Alberton betrokke was.
Die tenkwa het Woensdagaand teen ‘n voertuig gebots wat ‘n gesin vervoer het. Al vyf familielede is op die toneel dood toe hul voertuig aan die brand geslaan het.
Nooddienste het deurnag gewerk om die petrolstorting op die pad skoon te maak.
“Die toneel is aan die wetstoepassingseenheid oorhandig vir die verwydering van die liggame na ’n toepaslike fasiliteit en om ’n ondersoek te doen oor wat werklik die ongeluk veroorsaak het.” Het Ekurhuleni-nooddienste se William Ntladi gesê.