’n Lastersaak wat deur ’n Australiese maatskappy wat aan die Weskus en Xolobeni mynbou teen aktiviste en omgewingsbewustes aanhangig gemaak is, sal in die konstitusionele hof aangehoor word, berig John Yeld van GroundUp. Die hooggeregshof het die verweerders se argument dat die eis teen hulle ‘n SLAPP-saak is, ‘n akroniem vir Strategic Litigation Against Public Participation, aanvaar.
Die Konstitusionele Hof sal beraadslaag oor die geldigheid van die SLAPP-verweer in die Suid-Afrikaanse reg, en oor die vereistes vir die laster van ‘n regspersoon, soos ‘n korporasie.
Die langdurige lasteraksie van US$933 653 teen ses Suid-Afrikaanse aktiviste in die nastrewing van twee mynbou-ondernemings – ‘n poging om titanium in Xolobeni aan die Wildekus van die Oos-Kaap provinsie te ontgin en die Tormin-mineraalsandprojek aan die Weskus in die Wes-Kaap – plaas nuwe klem op potensiële omgewingskade wat deur swaar nywerhede veroorsaak word, soos gesien in hofsake rondom sesimiese skandering aan die land se kus.