Skip to main content

Oudpresident Jacob Zuma moet ondersoek word vir korrupsie en rampokkery vir sy rol as ‘n gewillige bemiddelaar van die plundering van Transnet, het die Zondo-kommissie bevind.

Zuma het alles in sy mag gedoen om Siyabonga Gama tot die uitvoerende hoof by die semistaatsinstelling te verhef ondanks teenstand van die direksie en departement van openbare ondernemings. Nadat hy uiteindelik aangestel is, het die kommissie bevind hy het gehelp om die Gupta-familie se kaping van die semistaatsinstelling aan die gang te sit as deel van hul grootse projek van staatskaping.

Hierdie verdoemende bevindings is vervat in die tweede van drie verslae wat Dinsdag deur waarnemende hoofregter Raymond Zondo vrygestel is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!