Skip to main content

Daar is “redelike gronde” om te glo dat Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Transnet en Eskom, omkoopgeld in kontant van lede van die Gupta-familie aanvaar het, het die staatskaping-ondersoek bevind.

Die voorsitter van die staatskaping-ondersoek en waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, het bevind daar is “oortuigende” bewyse dat Transnet ingetrek is in ‘n “rampokkery-onderneming” waaroor lede van die Gupta-familie, hul sakevennote en lakeie toesig gehou het.

Zondo het aanbeveel dat die polisie ‘n in-diepte ondersoek instel na die bewerings van kontantomkoping. Die verslag het ook aanbeveel dat Molefe ondersoek word vir ‘n magdom ander oortredings, insluitend korrupsie, bedrog, nalatigheid en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Leave a Reply