Skip to main content

Die nuutste indeks van DebtBusters is ‘n duidelike bewys dat die Suid-Afrikaanse middelklas al dieper in die skuld raak aangesien hulle geld leen om hul salarisse aan te vul.

Die situasie gaan vererger in die komende maande met die stygende rentekoerse, brandstofpryse en groeiende inflasie wat lei to duurder lewenskoste.

Mense onder skuldberading het met 18% gegroei in vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Navrae vir skuldberading het met 32% in Januarie gegroei as dit vergelyk word met dieselfde tydperk in 2021. 55% van hierdie applikante is mans.

Volgens die Q4 2021 Skuld Index was daar geen werklike styging aan inkomstevlakke sedert 2016 nie. Dìt volgens Benay Sager, die hoof van DebtBusters.

Mense wat meer as R20 000 per maand verdien, se totale skuld teenoor bruto jaarlikse inkomste beloop nou 146% en meer as twee derdes van hul inkomste word net aan skuld afbetaal.

Huishoudings word ook armer. ‘n Gemiddelde salaris vir middelklas mense was R15,542 in Desember 2021.

Leave a Reply

error: Content is protected !!